top of page
o-3.png

Seisoen | Winter smelt

  • Writer: Clarina van ieperen
    Clarina van ieperen
  • Mar 27, 2019
  • 1 min read

Dis nuut.

Die blomme en bome, die voëls en alles anders lééf dit ek voel dit nog nie op my vel nie, maar ek pluk blomme om myself te herinner...


Ek sien om my 'n langafstand huwelik, ek koop drie babapakkies, ek maak wittebroodbriefies en ontwerp trou uitnodigings.


Ek het PMS en eet 'n hele Lindt en 'n pak popcorn voor haar laaste trourok-pas.


Ek het 'n week terug 'n opklaar-geselsie gehad en ons het mekaar die vrye pas gegee na die weivelde van ons Herder.


En ek het rus...

Dis nuut

Die saad in my hart ontkiem ook na die Winter.


3 Oktober 2018

Comments


o-3_edited.jpg

©2019 by Ompadgedagtes. Proudly created with Wix.com

bottom of page