Vanderkloof-episodes 1.0
- Clarina van ieperen

- Sep 1, 2020
- 2 min read
Updated: Sep 21, 2020
Hierdie is nou die langverwagte eerste inskrywing oor die avonture van ons twee Van ieperens. As ons met mense ons terugblik-gedagtes deel, dan besef ons weer opnuut hoe gou ons die Here se genade en Sy hand oor ons lewens vergeet. En die enigste rede wat my tot aksie gebring het om nou te beginne skryf, is ‘n accountability-sessie tydens sel gewees- ‘n lank uitgestelde stap van gehoorsaamheid.
Vanderkloof 1.0
Hierdie avontuur het begin met die president se “immediate”-effect toespraak dat skole moet toe tot einde Augustus.
‘n Foonoproep met ‘n dringende uitnodiging van ‘n aangetroude plannetjies-neef: Ons moet sak en pak Limpopo toe vir my ma se verjaarsdag. “Ons weet nie wanneer die matrikulant onder ons weer vakansie gaan hê vir familiebyeenkomste nie.”
Nou ja, oppad terug besluit ons om tog by ons hartsvriende te stop. Ek reken dan kan Leendert darem ‘n idee kry van die plattelandse damdorpie en sien wat is Vanderkloof Tegnologie. Die Vanderkloof-werksmoontlikheid het soos ‘n Godgegewe oop deur gekom in ‘n tyd waar ons duidelik geweet het dat Leendert ‘n ander werk moet kry, maar midde ‘n COVID-ekonomie? Ek bedoel dis die slegste tyd sedert ons 94-babies die werksmark betree het, maar daai treë is geneem in geloof en die Here IS Getrou. So saam met die oggendkoffie van eerste-ontmoet het die werksaanbod in die oom se kantoor gekom. Nou ja, ‘n hele paar paragrawe kortgeknip- twee dae daarna het ons die call gemaak: Ons pak op sodat ons hier kan wees dat Leendert September by Vanderkloof Tegnologie kan begin werk as Besproeiings-scheduleerder vir die Kimberley-area.
Nou ja, 24-dae, 4 rolle duct tape, 70m bubble wrap, een baie uitgeputte vrou, 910km en 2 buskaartjies later sit ons in Vanderkloof met ‘n uitsig oor die dam.
30 Augustus 2020










Comments